Rode-eiendomsontbyt Kaapstad 2015

RODE-EIENDOMSONTBYT

Die Rode-Eiendomsontbyt, geborg deur C2M en MHI, het plaasgevind op 25 Maart 2015. Sprekers Dawie Roodt en Erwin Rode het statistiek en inligting oor die nuutste tendense in die eiendomsmark en ekonomie met die 200 gaste gedeel.

Erwin het interessante statistiek ten opsigte van groei in die plaaslike eiendomsmark gedeel. Alhoewel eiendomspryse in die algemeen afwaarts neig het eiendom in Kaapstad (spesifiek Durbanville) die afgelope jaar geweldig gegroei. Durbanville toon groei van tussen tussen 15% en 16% met areas soos Kenridge waar pryse tot 30% gestyg het. Dit is merkwaardig in vergelyking met die nasionale groeikoers van 8%. Dieselfde tendens word egter nie gesien in kantoor-, nywerheidseiendom en winkelsentrums nie.

Lees die volledige artikel: 26 Maart 2015 Sake Nuus Bladsy 21

Erwin Rode se notas soos aangebied tydens die ontbyt:
[download id=”55″ format “1”]

Dawie Roodt se opmerkings oor die ekonomie:
“Die Wêreld waarin ons Lewe
Ons lewe in ‘n fantasiewêreld soos die van “Alice in Wonderland” of “Winnie the Pooh”. In hierdie surrealistiese wêreld geld normale ekonomiese reëls en wette nie meer nie. Reëls rondom vraag en aanbod, rykdom en armoede, en die van waarde en besparing is verruil vir die voordele van rykdom-vernietiging, die gemak van prysvasstelling, die ontduiking van produktiwiteitsverbeteringe en die dwaasheid van ‘n bevel ekonomie. Tans lewe ons eerder in ‘n wêreld van die Koningin van Harte, Winnie se heuningpot en die almagtigheid van sentralebanke. Een van die dae gaan ons egter wakker skrik. Dawie verduidelik hoe die FED ons soos kalkoene vet voer, watter alternatiewe ekonomiese wêrelde bestaan, asook hoe Suid-Afrika se ekonomie gered kan word.”

Laai Dawie Roodt se notas af (skakel hieronder) of lees sy nuusbrief: Dawie Roodt Nuusbrief.
[download id=”56″ format “1”]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *